';

Veldkinders – Joubert Tweeling Dokumentêr

In Augustus het ons afgeskop met ons televisie dokumentêr reeks wat gaan oor die Joubert familie en hulle plaas Tweeling naby Bothaville in die Vrystaat.  Hierdie projek is ‘n nuwe een vir ons omdat dit oor so ‘n lang tydperk strek, maar wat al die afgelope twee maande gebeur het maak ons baie opgewonde.  Die area in die Vrystaat is beeldskoon in sy droogte in die winter en binnekort behoort hy te floreer van die somer reënval.  Ons sien uit om dit met die wêreld te deel.

Vrystaat Sonsondergang

Ek't die hondjie uit die visdam gered en nou volg hy my oral

Ek’t die hondjie uit die visdam gered en nou volg hy my oral

Die mak meerkat, Loverboy, kom inspekteer Perdeblom, ons Phantom 2 drone

Die mak meerkat, Loverboy, kom inspekteer Perdeblom, ons Phantom 2 drone

Skaapkraal